
=====================================================================
Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Nuwe era vir Afrikaanse boek

Die toekoms van die Afrikaanse boek -- duister of stralend? Dit hang seker af hoe 'n mens daarna kyk, s Kerneels Breytenbach.   BIETJIE 
van albei, sou ek s: In baie opsigte is die Afrikaanse boek soos 'n pasint wat siek was, maar besig is om te herstel. Trouens, dit het by 
die dood omgedraai.

Ander waarnemers het al daaroor geskryf, maar kom ek som die siekte kortliks op. Die Afrikaanse boek het van 1948 af 'n onnatuurlike 
beskerming en stuwing gekry, enersyds vanwe die beskerming van Afrikaans as amptelike taal, andersyds vanwe die groot welsyn wat die 
voorskrywing van skoolboeke gebring het. Dekades lank het almal in die waan verkeer dat dit 'n Goeie Ding is. Die Afrikaanse boek het gedy, 
en verskeie groeibedrywe geskep: die akademie, die uitgewerswese, kleinhandel, en so meer.

Twee verwante ontwikkelings het die kiem van die groot siekte verder gedra. Die eerste was die groot gebaar wat van owerheidskant gemaak is 
om kinders skoolboeke verniet te laat kry. Die tweede was 'n provinsiale biblioteekstelsel wat boeke in groot getalle aan leners beskikbaar 
gestel het, maar nooit die lener laat besef het welke intrinsieke waarde die boeke het deur hom/haar 'n klein uitleen-heffing te laat 
betaal nie.

Vir die meeste Afrikaanssprekendes was boeke iets wat jy verniet of feitlik verniet kry, deel van jou geboortereg. Noodwendig is 'n 
lamlendige boekekultuur geskep -- en byges, fluks geskep hoofsaaklik onder wit mense. Toe breek 2 Februarie 1990 aan, en 27 April 1994. 
Teen die tyd dat die euforie van die renboognasie begin oorgaan het in 'n emosionele roes, het mens skielik ontdek dat die Goeie Ding 
eintlik 'n Groot Gemors was.

Skielik was daar nie meer genoeg geld vir skoolboeke nie. Onderwysbegrotings is bestee aan die salarisse van 'n enorme onderwyserskorps, en 
nie aan boeke nie. Die sogenaamde voorgeskrewe mark het in duie gestort, met 'n ontstellende uitkring-effek: drukkers, papierverskaffers, 
uitgewers en handelaars het een na die ander gevou of s noustrop getrek dat slegs die geraamtes van hul personeelkorps oorgebly het.

Die Groot Gemors is vererger deur 'n aantal ander faktore: -- Die emigrasie van talle Afrikaanse boekkopers. -- Die uitwerking van 
affirmative action (skool- en universiteitsverlaters wat werkloos bly, asook werkverloorders, is nie mense wat op groot skaal boeke koop 
nie). -- Die algemene ekonomiese resessie waarin Suid-Afrika verkeer. -- Die dalende studentegetalle aan universiteite en technikons.

Om die siekte wat die Afrikaanse boek platgetrek het, te genees, moes uitgewers hulle versoen met 'n paar onaangename gedagtes. Die 
belangrikste daarvan is dat algemene boeke deur die jare gesubsidieer is deur voorgeskrewe boeke. Uitgewers het dikwels boeke gepubliseer 
sonder dat daar 'n kans was dat meer as die helfte van die oplae verkoop sou word. Di mislukkings is oor die hoof gesien, want die verkope 
van voorgeskrewe boeke het alles so goed laat lyk.

Noudat voorgeskrewe boeke nie meer daar is nie, is daar ook minder rede om digbundels en kortverhaalbundels te publiseer -- die soort 
publikasies wat in die verlede stof verskaf het vir die bloemlesings wat vir skolegebruik saamgestel is.

Ook swaar getroffe is gellustreerde kinderboeke en jeugboeke, wat feitlik uitsluitend vir die biblioteekmark gepubliseer is. Verkope aan 
biblioteke het dermate afgeneem dat dit vir baie uitgewers nie meer 'n proposisie is om sulke boeke uit te gee nie. Wat bly oor? Het die 
Afrikaanse boek 'n toekoms?

Ek twyfel glad nie in die toekoms van die Afrikaanse boek nie. Ons sal miskien nie weer die bloeityd van die jare sestig tot negentig 
beleef nie, toe feitlik alle gangbare literre manuskripte die pad drukker toe gevind het, toe proefskrifte deur vooraanstaande akademici 
belangrike mylpale in boekvorm geword het.

Wat wel sal geskied, is dat die Afrikaanse boek nou uiteindelik sy natuurlike groeikrag sal moet openbaar. Dit was nog altyd 'n aanvaarde 
feit dat nutsboeke sterker verkoop as fiksie, veral n die koms van die boekklub Leserskring. 'n Ander soort boekklub, di wat die 
uitgewery J.P. van der Walt jare lank bedryf het, het ook bewys dat daar 'n enorme vraag na die populre skryfkuns is -- boeke sonder 
literre pretensies, met groot vermaaklikheidswaarde.

Uiteraard sal boeke van hoogstaande literre waarde steeds gepubliseer word. Die huidige toestand van die algemene boekemark is egter 
sodanig dat elke Afrikaanse uitgewer genoop sal word om al hoe strenger keuringsvereistes te stel voordat boeke vir publikasie aanvaar 
word.

Reeds is daar 'n swaai na beter verkope van populr geskrewe boeke, terwyl literre werke in min of meer standhoudende getalle verkoop. In 
vergelyking met die verkope van nutsboeke (wat kookboeke insluit), massamark-kinderboeke en populr geskrewe godsdienstige boeke is die 
literre boeke (digkuns, prosa en drama) se verkope nie sodanig dat uitgewers net daarmee sal kan oorleef nie.

Een van die uitvloeisels van die rasionalisasieproses wat einde verlede jaar tussen die uitgewers binne die Nasionale Boekhandel-groep 
plaasgevind het, is dat dit die riglyne vir oorlewing help trek het.

In die toekoms sal daar hopelik 'n baie nouer band tussen skrywers en uitgewers wees. Skrywers sal meer betrek word by die bemarking van 
hul boeke, terwyl uitgewers die hele bemarkingsproses op sy kop omkeer. Daar is interessante idees wat bespreek word rondom verkoopsaksies 
op die platteland, en die moontlikheid dat die kolporteurstelsel soos Nasionale Boekhandel dit in die jare vyftig bedryf het, sal herleef 
in 'n moderne gewaad.

Ons leef in die era van die Internet. Afrikaanse boekliefhebbers kan nou langs nuwe we by die boeke uitkom en dit koop. Die Internet-
handelaar Kalahari.net is reeds hiermee besig. In die snel veranderende Internet-omgewing sal daar baie satelliete rondom Kalahari.net 
wees. Die moontlikhede is legio.

Ek is van nature 'n optimis. Die dinge wat hierbo beskryf is, dreig soms om die wolk van misnoegdheid permanent te laat hang. Maar dit help 
nie om die meulsteen van die verlede soos 'n doodsertifikaat om die nek te wil dra nie. Daar is geweldig baie veld om te wen. Te oordeel na 
die boeke wat Afrikaanse uitgewers nou op koms het, staan ons aan die begin van 'n nuwe era vir die Afrikaanse boek. 'n Nugterder era, 'n 
saakliker era, maar 'n nuwe era in die volste sin van die woord. Kerneels Breytenbach   is die hoof: Uitgewerye Jonathan Ball / Human & 
Rousseau.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6117.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

